Hoekom jy Sjinees behoort te leer

Martin Jacques skryf baie interessant oor die groeiende invloed van Sjina, en die belangrikheid daarvan om Sjinees te leer.  As jy hierdie lees, of die video heel onder kyk, gaan jy bes moontlik besluit om Sjinees te leer, of om jou kinders dit te laat leer. Dit is ook nie so ‘n onbegonne taak as wat jy dalk dink nie, want daar is ‘n magdom hulpmiddele, asook insigte in taal aanleer, wat jou kan help.  (Meer daaroor later).
Martin se blog, asook sy praatjies op die BBC, en ook in baie ander plekke soos universiteite wêreldwyd, is ‘n baie goeie beginpunt om Sjina, en Sjina se rol in die wêreld, te begin verstaan.  Jy kan hom ook op Twitter volg

Pic. Craig Hibbert 10-7-09 Author Martin Jacques.

Hoe om enige teks as Afrikaans te identifiseer in ‘n program

Die beste manier wat ek gevind het, is om guess-language te gebruik.  Dis beskikbaar vir ander programmeertale ook, maar in Python kan jy dit vind by guess_language.

Voorbeeld

>>> import guess_language
>>> print guess_language.guessLanguage(‘Hoe gaan dit met Trieksie se spene’)
af

 Dit kan meer as 60 tale identifiseer:

>>> print guess_language.guessLanguage(‘学习中国是并不困难,因为前’)
zh