Chineasy

Een manier om ‘n begin te maak met Sjinese skrif, is Chineasy  – kleurvolle visuele voorstellings van Sjinese karakters deur  ShaoLan Hsueh:

ShaoLan

Hier verduidelik sy haar visuele stelsel:

Maar,  Victor Mair het kwaai kritiek op haar benadering – sien hier.  Volgens hom is Sjinees is een van die maklikste tale om te leer praat, maar om Sjinese skrif te leer is ‘n groot uitdaging, nie net vir Westerlinge nie, maar ook vir Sjinese self.  Ek dink hy is reg daaroor, en dat Chineasy beslis nie ‘n towerstaffie is nie.

Tog is dit nie sonder waarde nie –  myns insiens is dit  ‘n prettige manier vir beginners om te begin kyk na  Sjinese skrif, en hoe betekenis gevorm word deur die samevoeging van ‘radicals‘ .

Cleverkiddo se Seisoene en Olke Bolke

Ek het nie ‘n iOS foon of tablet nie, so ek kan nie ‘n opinie oor hierdie apps vorm nie, maar Carien van Zyl het ‘n kommentaar gelos oor twee opvoedkundige apps wat sy gemaak het:

Hiermee wil ek graag ‘n bydrae maak tot die Afrikaanse apps. Ek het onlangs 2 opvoedkundige apps uitgebring. Hulle is ongelukkig op die oomblik nog net vir iOS beskikbaar, maar ek hoop om hulle binnekort ook gereed te he vir Android.

Die apps is:
Seisoene deur Cleverkiddo: https://itunes.apple.com/za/app/seisoene-deur-cleverkiddo/id688554942?mt=8
Olke Bolke: https://itunes.apple.com/us/app/olke-bolke/id796368637?mt=8
Gaan kyk ook gerus na ons Facebook bladsy. http://www.facebook.com/cleverkiddo