Op skool het ek, soos baie mense, oneindigheid verstaan as ‘n soort teoretiese getal – soos kinders graag mekaar probeer oortref – as een sê “oneindig”, dan sê die ander “oneindig + 1” ensovoorts. Maar oneindigheid is ‘n konsep wat meer behels as een getal, want daar is meer as een soort oneindigheid. Byvoorbeeld die heelgetalle is telbaar oneindig (dit wil sê as jy aanhou tel kan jy by enigeen van hulle uitkom), terwyl reële getalle ontelbaar oneindig is. Ontelbaar oneindig beteken dat tussen enige twee reële getalle is daar nog ander reële getalle, so jy kan hulle nie tel op dieselfde manier as wat jy heelgetalle kan tel nie.
Daar is selfs meer reële getalle tussen 0 en 1 as die oneindige aantal reële getalle. Hierdie verduideliking kom van Henry Reich se uitstekende YouTube kanaal minutephysics.
Die idees oor oneindigheid is begin deur die Duitse wiskundige Georg Cantor, en is in sy tyd as baie skokkend beleef, maar word vandag algemeen aanvaar.