‘n Eerste kyk na Afrikaanse Apps

Ek hoop om werklike Afrikaanse Apps (wat vir Afrikaanssprekendes gemaak is) op hierdie website te lys en oor te skryf.  Enigeen wat voorstelle het, kan gerus ‘n kommentaar los.  Ongelukkig is die oes maar skraal – behalwe as daar baie is wat ek misgekyk het.  Boonop het ek Apple iOS , Blackberry, Windows Phone en Firefox OS buite rekening gelaat want ek het nie enige sulke toestelle nie.  As enigeen wil bydra om oor ander platforms (of enige iets anders) te skryf – los gerus ‘n kommentaar.

Dis nie ‘n maklike taak  om werklike Afrikaanse Apps te identifiseer nie, want mense kan Apps wat aanspraak maak op Afrikaans opdeel in verskeie groepe: blote spam, meertalige apps wat ook ‘n Afrikaanse verstelling het, en apps wat werklik vir Afrikaansprekendes gemaak is.  Daar is ook hordes apps wat aanspraak maak daarop dat jy dit kan gebruik om Afrikaans te leer – ek het hulle vir eers buite rekening gelaat.

Spam apps

Dit is moontlik vir enigeen om sy app in die Google Play store te merk (tag) as “Afrikaans”, so as jy soek vir Afrikaans kry baie resultate wat niks met Afrikaans te doen het nie, en ook van min belang vir die meeste Afrikaanssprekendes sal wees.  Boonop is daar ‘n verdere irritasie dat dienste soos Google Translate dit vir enigeen moontlik maak om sy app beskrywing in enige taal wat hy nie ken nie, te vertaal.  Dis eintlik ‘n vorm van spam.  Byvoorbeeld ‘n ontwikkelaar met die naam “American Sports”, het ‘n app met die naam “Afrikaans” – wat eintlik Manchester United nuus bevat.  Die beskrywing bevat ook outomaties vertaalde besoedeling soos hierdie:

Aflaai Manchester United Jongste Nuus nou gratis en die eerste een wees van hierdie wonderlike nuwe inligting wat sal maak dat jy waardeer sokker nog meer te hê!

en

Kry hierdie fenomenale aansoek nou en die held van die dag !

Dis werklik nodig dat Google hierdie nonsens stopsit.

Meertalige apps

Hierdie is nou apps wat werk in Engels (of soms dalk ander tale ook) en Afrikaans – waar werklike werk gedoen is om die app in Afrikaans te laat werk.

Voorbeelde:

App from Absa; Cami speedtest (‘n hoofrekene spoedtoets – baie mooi gedoen); OsmAnd en OsmAnd+  (Ek het reeds oor OsmAnd geskryf)

Apps wat vir Afrikaansprekendes gemaak is.

Daar is hierdie apps uit die Naspers Media24 stal – jy ken die publikasies, so jy kan weet wat om te verwag – ‘n baie goeie manier om hierdie publikasies te lees:

Huisgenoot 3DHuisgenoot Skouspel; Beeld; Die Burger; Volksblad;

Media24 is ook die ontwikkelaar van die Kokkedoor app, met resepte van Errieda du Toit (wat ook die Huiskok blog het).

kokkedoor

Buiten Media24 se apps is daar ook:

Arithmethon;

arithmethon

Arithmethon is ‘n hoofrekene en Wiskunde oefenprogram met lang vrae (woordvrae), kwadrate, vierkantswortels, negatiewe getalle, optel, aftrek, maal, deel ensovoorts

TunaRadio:

tunaradio

Tunaradio is ‘n klein en gebruiksvriendelike app waarmee jy na  die TunaRadio internet radiostasie kan luister

2 thoughts on “‘n Eerste kyk na Afrikaanse Apps

  1. Hiermee wil ek graag ‘n bydrae maak tot die Afrikaanse apps. Ek het onlangs 2 opvoedkundige apps uitgebring. Hulle is ongelukkig op die oomblik nog net vir iOS beskikbaar, maar ek hoop om hulle binnenkort ook gereed te he vir Android.
    Die apps is:
    Seisoene deur Cleverkiddo: https://itunes.apple.com/za/app/seisoene-deur-cleverkiddo/id688554942?mt=8
    Olke Bolke: https://itunes.apple.com/us/app/olke-bolke/id796368637?mt=8
    Gaan kyk ook gerus na ons Facebook bladsy. http://www.facebook.com/cleverkiddo

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s