Serge Wroclawski het ‘n artikel in die Guardian geskryf oor hoekom dit nie goed is dat enkele groot maatskappye soos Google en Apple begin om die wêreld se geografiese inligting te beheer nie, en dat dit daarom goed is dat daar ook iets soos OpenStreetMap is. Dit is werklik die moeite werd om te lees, om die omvang en implikasies van Google (veral), Apple en andere se mag op hierdie gebied te verstaan.
Regeringsinstansies behoort Openstreetmap te gebruik om byvoorbeeld plekke aan te dui op web sites, want as hulle byvoorbeeld Google Maps gebruik, dra hulle by daartoe om een maatskappy te bevoordeel, en meer mag oor die samelewing te gee as wat goed is.
OsmAnd is ‘n kaart en navigasie program wat gebasseer is op Openstreetmap wat ek gebruik, en baie nuttig en betroubaar vind, want dit het voordele bo Google Maps:
1. OsmAnd benodig nie ‘n data konneksie nie. Google Maps benodig ‘n data konneksie om te kan werk. As jy dus buite opvangs is van ‘n selfoonnetwerk, kan Google Maps jou ook nie help nie. Boonop vreet die gebruik van Google Maps aan jou maandelikse selfoon data toelae. OsmAnd, daarenteen, gebruik geen data as jy eers die kaart vir waar jy woon afgelaai het nie (byvoorbeeld South Africa and Lesotho) – al die kaart data is reeds op jou foon.
2. Aangesien OsmAnd nie terug gesels met ‘n groot maatskyppy in die VSA nie, word jou bewegings nie in ‘n databasis gestoor nie.
3. OsmAnd het ‘n goeie stelsel van gunsteling plekke. As jy na ‘n gunsteling plek wil gaan, kliek net daarop, en weg is jy. Jy kan jou gunsteling plekke in ‘n leer stoor, en vir iemand anders gee om te gebruik.
4. Goeie navigasie. Ek sal nie sover gaan om te beweer dat OsmAnd meer akkurate paaie uitwerk as Google nie, maar ek het baie vêr gery in meer as een land, asook dele van Suid-Afrika wat ek nie goed ken nie, en OsmAnd het my nog nooit in die steek gelaat nie.
OsmAnd is gratis beskikbaar vir Android en Blackberry. Sien hier hoe om dit te installeer.
Terug pieng: ‘n Eerste kyk na Afrikaanse Apps | Arithmethon